RSG Landbou

Die Wes-Kaapse Department van Landbou vervaardig twee weeklikse radio programme vir uitsending op RSG 100-1004fm. Skakel in om te luister na RSG Landbou op Vrydae oggende om 04:45 en Saterdae oggende om 11:45. Eloise Pretorius, radio-omroeper, voer onderhoude met interessante mense oor huidigie tendense in landbou oor die hele land.

Indien u die MP3 wil aflaai, regs-kliek op 'Luister hier', en kies "Save link as" opsie.

The Western Cape Department of Agriculture produces two weekly radio programmes broadcasted on RSG 100 - 104fm. Tune in to listen to RSG Landbou on Friday mornings at 04:45 and Saturday mornings at 11:45. Eloise Pretorius, radio presenter, interviews interesting people on current affairs in agriculture across the country.

If you want to download the MP3, right-click on 'Luister hier', and choose "Save link as" option.

?

Eloise Pretorius
Radio Presenter
021 808 7612

Name: 
Eloise Pretorius
Telephone number: 
+27 21 808 7612
July
11
11h45
RSG Landbou - Saterdag 11 Julie 2020

Werkskeppers sal Suid-Afrika se nuwe helde wees. Die landbousektor help veral om hierdie potensiaal te ontsluit. Die nuwe era wat ons binnegaan, vereis ‘n nuwe soort leierskap. Die bestuurshoof van die landbousakekamer, Agbiz, dr. John Purchase, gee raad oor hoe hedendaagse landboukwessies aangepak behoort te word. Produsente en landbousake-ondernemings het midde grendeltyd begin saamwerk om voedselhulp na behoeftige mense in plattelandse landbougemeenskappe te bring, en só te help om ’n humanitêre krisis te? te werk. Agbiz het dié waardekettingprojek vir hulpverlening saam met die georganiseerde landbou en ander belanghebbendes in die waardeketting begin en geko?rdineer. Purchase verduidelik hoe sulke inisiatiewe suksesvol aangepak kan word in die toekoms.

Luister / Laai af hier

July
10
4h45
RSG Landbou - Vrydag 10 Julie 2020

Adele du Toit is die woordvoerder van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad in Pretoria. Gegewe die uitdagings van 2020, bly rooibosboerdery winsgewend en volhoubaar. Afgesien van goeie nuus vir boere, bespreek sy ook die talle gesondheidsvoordele van rooibos. Nog ‘n landboupresteerder in die tyd van Corona, is slakboerdery. Mpumalanga-slakboer Wihan Coetser verduidelik waarom die afgelope paar maande suksesse en goeie nuus opgelewer het vir slakboere. Hy gee ook handige praktiese wenke aan aspirant slakboere.

Luister / Laai af hier

?

July
4
11h45
RSG Landbou - Saterdag 4 Julie 2020

In RSG Landbou vra ons vrae oor wat is dit om ‘n mens te wees. Die studie van toekomsleer bring ons vele stappe nader aan moderne landbou-oplossings. Om met toewyding die vooruitgang van die mens te bevorder, is deuglik en opwindend. Dr. Morné Mostert is direkteur van die Instituut vir Toekomsnavorsing aan die Universiteit Stellenbosch. Skakel in vir ‘n gesprek wat jou sal bybly en inspireer.

?

Luister / Laai af hier

?

Radio Elsenburg Alert

If you would like to receive details of the programmes to be broadcasted before hand, kindly fill in the form below.

Request to receive details on the weekly radio programmes per email: